Data toon toerisme blom weer May 23, 2025

Sake vir Namibië se piek-toerismeseisoen lyk belowend met nasionale besettingskoerse wat steeds bó dié van pre-pandemievlakke bly. Verlede maand was bykans 60 persent van kamers in die gasvryheidsbedryf gevul, die hoogste syfer tot dusver vanjaar. Namibië se piekseisoen het vandeesmaand begin en duur tot September. In hul ontleding van die jongste syfers sê Simonis Storm Namibië se strategie om welgestelde toeriste met luukse lodges en ekotoerisme te lok, plaas die sektor in ‘n beter posisie om ekonomiese onstuimigheid te weerstaan.