Cyril se VSA-besoek ‘n hupstoot vir handel, diplomasie: AgbizMay 23, 2025
Die hoofekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA dui op ‘n keerpunt in die herstel van bande tussen Suid-Afrika en die VSA. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat wêreldwyd in 2024 uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly ‘n landwye krisis en vra verenigde optrede om ekonomiese vooruitgang te beskerm.