Bankaansoeke oorheers mosiehof May 23, 2025
Dit was ‘n redelik klein mosiehof vanoggend voor regters Orben Sibeya en Nate Ndauendapo, met 84 aansoeke vir verstekvonnisse, waarvan vyf op die reël 108-rol was. Banke het 36 van die aansoeke gebring. Hulle eis 18 onbetaalde eiendomslenings terug ter waarde van 16,8 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 15 onbetaalde lenings met ‘n skuldlas van 6,6 miljoen dollar, en drie voertuie moet terugbesorg word. Weens die vakansiedag sal geen onverdedigde egskeidings Maandag hanteer word nie.