Windhoek skitter op StartupBlink-indeks May 22, 2025

Namibië het sy beste vertoning nóg op die Global Startup Ecosystem Index gelewer met ‘n styging van twee plekke op StartupBlink se 2025-rangleer. Dié indeks meet hoe gunstig die sake-omgewing is vir besighede om te begin. Namibië lê nou 85ste uit 100 lande wêreldwyd en tweede hoogste in Suider-Afrika. Windhoek het uitstekend gevaar en met 104 plekke gestyg. Die hoofstad lê tans 512de op die indeks se 2025-rangleer van 1 400 stede wêreldwyd. In Suider-Afrika beklee Windhoek die vierde posisie.