VN se Guterres vra vir harmonie met natuur May 22, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat die verlies aan biodiversiteit ‘n wêreldwye krisis is wat geen land kan ignoreer nie. Vandag is Internasionale Biologiese Diversiteitsdag met die tema, harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling. ‘n Miljoen spesies staan die gevaar om uitgewis te word terwyl menslike aktiwiteite 75 persent van landelike ekostelsels en twee-derdes van marine-omgewings verander het. Guterres sê ons moet in harmonie met die natuur leef en sorg vir volhoubare ontwikkeling vir ‘n beter wêreld vir almal.