NR roep hokaai met hookah May 22, 2025

Lede van die Nasionale Raad wil ‘n algehele verbod op hookah-pype en vapes in Namibië hê en het ‘n beroep op die regering gedoen om die wetgewing op die beheer van tabakprodukte te hersien. Die stap volg op besoeke aan die Hardap-, Khomas- en Erongo-streke laas Augustus. Volgens die Nasionale Raad is die gebruik van hookah-pype en vapes onder skoolkinders geweldig hoog en benadeel dit hulle gesondheid.