Motorbedryf in rat vir toerismeseisoenMay 22, 2025
Namibië se toerismebedryf is in rat vir die komende seisoen met motorverhuringsmaatskappye wat in April 149 nuwe voertuie aangeskaf het. Die meeste hiervan, altesaam 131, was passasiersmotors, sê Simonis Storm in hul ontleding van die jongste verkoopsyfers. Volgens Simonis Storm dui dit op veral buitelandse toeriste wat toenemend verkies om self deur die land te reis en motors huur.