Mariental-boer in Hoërhof na kind se dood in boontjielandMay 22, 2025
Johan Meyer van Mariental het in die Windhoek Hoërhof in ‘n voorverhoor verskyn op ‘n klag van moord, alternatief strafbare manslag, ná die dood van die nege-jarige Hendrina Amupolo. Hy het vroeër onskuldig gepleit in die Mariental landdroshof. Meyer sê in sy pleitverduideliking dat die oorledene en sowat 20 ander mense besig was om op 1 Mei 2022 boontjies op sy plot by die Hardap-skema te steel. Hy sê hy het probeer om hulle met sy bakkie weg te jaag, toe Amupolo gehardloop en voor sy bakkie geval het. Hy sê hy het probeer, maar kon nie verhoed om oor haar te ry nie. Sy is later in die hospitaal aan inwendige beserings oorlede. Regter Nate Ndauendapo het die saak uitgestel tot 16 Julie vir ‘n tweede voorverhoor.