Fietsry: Holtrup trap flink in MallorcaMay 22, 2025

Nina Holtrup van Swakopmund en haar Duitse spanmaat Verena Walter was Woensdag goed geplaas om die kompetisie vir spanne van twee in die Termes53 bergfietsresies op die Spaanse eiland Mallorca te wen, berig Sport Wrap. In dié ultra-resies moet ryers hul eie voorraad en toerusting saamdra en kan hulle nie op enige ondersteuning staatmaak nie. Hul uitdaging word voorts bemoeilik deur die steil klimgedeeltes wat op ‘n totaal van bykans 14 000 meter te staan kom. Holtrup sê die resies is hard, maar voeg by: “Ons het nie al die pad uit Namibië gekom om hier te kom huil nie!”