Beskerm biodiversiteit, dit gee leweMay 22, 2025
Namibië vier saam met die wêreld Internasionale Biologiese Diversiteit-dag, wat elke jaar op 22 Mei herdenk word. Kenners benadruk die belangrikheid daarvan om biodiversiteit te bewaar, aangesien dit bedreig word deur klimaatsverandering en menslike aktiwiteite. Omgewingminister Indileni Daniel het by die amptelike herdenking in Otjiwarongo gesê Namibië is tans besig om sy derde nasionale biodiversiteitstrategie en -aksieplan vir 2025 tot 2031 op te dateer. Die voorsitter van die Otjozondjupa streeksraad, Johannes Hausiku, het die belangrikheid van biodiversiteit beklemtoon.