Tshwane belemmer plan om substasies te beveilig: AfriForumMay 21, 2025

AfriForum het die Stad Tshwane beskuldig dat hy die organisasie se plan om substasies in die metro te beveilig, verhinder. Talle gebiede in Centurion en Pretoria-Oos was gister sonder krag ná ʼn ontploffing by die Zwartkop-substasie. Verlede maand het ʼn transformator by die Waltloo-substasie aan die brand geraak. Arno Roodt van AfriForum sê verouderde infrastruktuur, swak bestuur, voortslepende kabeldiefstal en sabotasie van infrastruktuur is van die redes vir ontwrigtende brande by substasies.