Sterk winde stook risiko vir veldbrandeMay 21, 2025

Die omgewingsministerie het ‘n beroep op waaksaamheid teen veldbrande gedoen en gevra dat die nodige voorsorg daarteen getref word. In ‘n verklaring vandag sê die ministerie die risiko vir veldbrande in Namibië is tans baie hoog. ‘n Goeie reënseisoen het vir welige veld gesorg en brandgevaar verhoog met sterk winde wat tans waai, waarsku die ministerie.