Skokfonds in Katutura-rivierbedding May 21, 2025
Die liggaam van ‘n 35-jarige vrou is vanoggend omstreeks 06:00 in die rivierbedding tussen Frans Hoesemab- en Fillemon Eichebstrate in Katutura gevind. Volgens omstanders was Delysia Garoës nog lewendig hul op haar afgekom het, maar het sy later beswyk. Volgens die polisie het die oorledende ligte snymerke aan haar voete gehad en was haar rok halflyf opgetrek. Haar naasbestaandes is ingelig en die polisie se ondersoek duur voort.