Sherratt terug as tussentydse hoofafrigter vir WallisMay 21, 2025
Rugby: Matt Sherratt het ingestem om weer as Wallis se tussentydse hoofafrigter op te tree vir die toer na Japan in Julie. Sherratt se eerste taak was om ‘n groep van 33 spelers, vir die twee toetse teen Japan aan te wys. Ses spelers is toets-nuwelinge. Die Ospreys-haker Dewi Lake is as Wallis-kaptein gekies. Gereelde Wallis-kaptein, Jac Morgan, is op toer met die Britse en Ierse Leeus na Australië. Cardiff-afrigter Sherratt het aanvanklik die leisels oorgeneem vir Wallis se laaste drie Sesnasies-wedstryde vroeër vanjaar nadat Warren Gatland bedank het.