Pluimveebedryf soek stem in handelsgesprekkeMay 21, 2025

Pluimveeprodusent Astral Foods het gewaarsku dat Suid-Afrika ernstige ekonomiese gevolge kan ervaar as dit toegang tot die Amerikaanse mark verloor ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. News24 berig die maatskappy sê hoewel plaaslike hoenderplase dalk nie direk geraak sal word nie, kan ander nywerhede soos motor- en vrugte-uitvoere daaronder ly. Uitvoerende hoof van Astral, Gary Arnold, sê die pluimveebedryf wil ‘n stem in handelsgesprekke hê en waarsku die regering teen oormatige handelstoegewings. Agoa moet in September weer hernu word.