NNN ontmoet Tanzaniese eweknie in Dar es SalaamMay 21, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Dinsdagmiddag in die Tanzaniese hoofstad Dar es Salaam aangekom om haar streeksverbintenisse voort te sit. Sy en haar afvaardiging is op die Julius Nyerere Internasionale Lughawe ontmoet deur die Tanzaniese buitelandse sake-minister en Oos-Afrikaanse samewerkingsambassadeur, Mahmoud Thabit Kombo. Die president het by Staatshuis met Tanzaniese president Samia Suluhu Hassan vergader voordat sy ‘n werk-ete bygewoon het wat deur Hassan aangebied is. Sy sal haar program in Tanzanië afsluit met besoeke aan die African Liberation Heritage Centre en die Universiteit van Dar es Salaam.