Erongo-polisie slaan toe op vermeende Mandrax-handelaarMay 21, 2025
‘n 19-jarige Namibiese man is Dinsdagaand in die Erongo-streek in hegtenis geneem nadat hy met 401 Mandrax-tablette ter waarde van sowat 48 000 Namibiese dollar betrap is. Die Erongo-polisie het die arrestasie tydens ‘n operasie op die B2-pad tussen Arandis en Swakopmund gemaak na hulle inligting ontvang het. Die dwelms is gekonfiskeer en die verdagte is aangekeer. Hy sal in die Swakopmund landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel, alternatief besit van dwelms.