Neem deel aan belangrike huishoudelike opname, dis vertroulikMay 20, 2025

Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het meer inligting gegee oor die huishoudelike inkomste en uitgawes opname wat tans aan die gang is. Respondente is soms huiwerig om deel te neem omdat die vrae redelik privaat is. Shimuafeni verduidelik.

Alle inligting is vertroulik en die data is uiters belangrik vir die land om sy totale en gemiddelde inkomste te bepaal en sodoende die regte beplanning te kan doen.