Finland help Oekraïne met wapens gekoop met gevriesde Russiese batesMay 20, 2025

Finland sal 90 miljoen euro, of 1,8 miljard Namibiese dollar, se ammunisie aan die Oekraïne verskaf deur die opbrengs van Russiese finansiële bates te gebruik wat deur die Europese Unie gevries is na Moskou se volskaalse inval in 2022. Die EU het beraam dat 210 miljard euro van die ongeveer 266 miljard euro se gevriesde Russiese bates in die 27-nasieblok gehou word, hoofsaaklik in die vorm van staatseffekte wat Rusland se sentrale bank as reserwes gehou het. Die Europese Kommissie het verlede jaar besluit dat die opbrengs van die bates gebruik kan word om Kiëf se weermag te ondersteun deur middel van ‘n EU-fonds.