ACC moet ingryp by Nida-projekte, hoor Nasionale RaadMay 20, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het die Swapo-LP Gerhard Shiimi sy teleurstelling uitgespreek oor die stand van landbou-verwerkingsprojekte onder die Namibia Industrial Development Agency, Nida. Hy het verwys na ’n verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en die Ekonomie ná oorsigbesoeke aan vyf streke. Shiimi wil weet waarom die Teenkorrupsie-kommissie nie intree en ‘n opdatering gee nie, en beklemtoon dat staatsprojekte wat met belastingbetalers se geld gefinansier word, beskerm moet word.