Standard and Poor hou SA op BBMay 19, 2025
Standard and Poor het Suid-Afrika se kredietgraderings bevestig op sub-beleggingsgraad BB vir buitelandse valuta en BB vir plaaslike valuta. Kenners sê die vooruitsig bly positief en weerspieël hoop op ’n toekomstige opgradering indien hervormings volgehou word. Ten spyte van pogings tot fiskale konsolidasie, bly risiko’s soos stadige ekonomiese groei en stygende staatskuld, wat na verwagting gemiddeld 80-persent van die bruto binnelandse produk sal wees, steeds ’n uitdaging. Die kredietgraderingsagentskap voorspel ’n gemiddelde BBP-groei van 1,5-persent oor drie jaar, ondersteun deur hervormings soos Operasie Vulindlela.