Ruacana kom weer die mas opMay 19, 2025

Plaaslike elektrisiteitsopwekking het 59.1 persent van Namibië se totale kragvoorsiening in Maart 2025 uitgemaak met 40,9 persent wat ingevoer is. Namibia Mining and Energy berig dat ‘n soortgelyke tendens is in Februarie 2025 en Maart 2024 waargeneem, met plaaslike opwekking wat die meerderheidsaandeel van die elektrisiteit wat verskaf word, voorsien. Ruacana het die groter meerderheid opgewek met 87,3 persent van die totale poel met onafhanklike kragprodusente wat 9,6 persent ingevoer het. Omburu sonkragstasie en Anixas wat diesel benut het saam 2,7 persent opgewek.