Ondersoek na Meksikaanse Vloot-skip botsing in New York May 19, 2025
Die Amerikaanse Vervoerveiligheidsraad het ‘n ondersoek van stapel gestuur na hoe ‘n Meksikaanse Vloot-opleidingskip Saterdagaand die Brooklyn-brug getref het en twee bemanningslede dood is. Volgens die owerhede was die skip, die Cuauhtémoc, met 277 mense aan boord, op pad na Ysland, toe dit krag verloor en die kaptein nie ‘n botsing met die brug kon vermy nie. Twee-en-twintig bemanningslede is beseer, elf van hulle kritiek, met nege in ‘n stabiele toestand. Die raad sê die skip se reisdata-opnemer kan kritieke inligting oor die ongeluk bevat.