Namport beplan groot uitbreiding op Lüderitz May 19, 2025

Namport gaan voort met planne vir ‘n grootskaalse olie- en gasvoorsieningsbasis in Lüderitz, met die aanvanklike fase van die projek wat na verwagting kapitaaluitgawes van meer as 4 miljard Namibiese dollar sal vereis. Die tender vir fase een word in die derde kwartaal van vanjaar verwag. Namibia Mining and Energy berig die maatskappy se uitvoerende hoof Andrew Kanime sê wanneer olie geproduseer word, verander alles en Namport sal ‘n kritieke rol in die ondersteuning hier van moet speel. Die volumes wat die haweowerheid sal hanteer sal druk op bestaande infrastruktuur plaas en dus is uitbreiding uiters belangrik.