Dwelms: Geheime operasie op Rehoboth, groot vonds in WindhoekMay 19, 2025
Twee mans sal na verwagting vandag in die Katutura-laerhof verskyn op dwelm verwante klagtes. Die Namibiese polisie sê die twee is in Tjikatistraat in Katutura gevind in besit van 37,7 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde van 188 500 Namibiese dollar. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Ook oor die naweek en op Rehoboth is ‘n 54-jarige man vas vir die besit van 39 eenhede crack-kokaïen ter waarde van 3 900 dollar en kontant van 3 380 dollar. Die arrestasie is gemaak na ‘n geheime polisie operasie.