Bibi sê hy’s bereid vir ooreenkoms met HamasMay 19, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy is bereid om ʼn ooreenkoms met Hamas aan te gaan. Dit ten spyte van die Israelse weermag se uitgebreide operasie die naweek in Gaza waarin meer as 100 mense dood is. Hamas en Israel het Saterdag in die Katarese hoofstad, Doha, met indirekte samesprekings begin. Netanyahu sê die onderhandelingspan oorweeg enige ooreenkoms wat die vrylating van alle gyselaars, die verbanning van Hamas-terroriste en ontwapening van die Gaza-strook insluit.