April 2025 die vyfde-natste April sedert 1980May 19, 2025
April 2025 was die vyfde-natste April in die laaste 45 jaar, en meeste van die land het bo-normale reënval gekry. Die Namibië Meteorologiese Diens sê in sy jongste verslag hierdie reënval was weens die invloed van La Niña. Daar was egter onder-normale reënval in die suidweste, die meeste dele van die Erongo-streek, en die verre noordwestelike dele van die Kunene-streek. Dele van die Karas-, Hardap- en Otjozondjupa-streke, sowel as verspreide gebiede oor die sentrale en noordelike streke, het normale reënval gekry. Die hoogste reënval vir die maand is aangeteken by Ndonga-Linena in Kavango Wes, met ‘n totaal van 164mm.