Namibië, Botswana wil saam raffinadery bouMay 18, 2025

Namibië en Botswana gaan die moontlikheid ondersoek om ‘n gesamentlike olieraffinadery te bou wat nie net aan die brandstofbehoeftes van die twee lande voldoen nie, maar ook van die streek. Dit is van die besluite wat president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar eweknie president Duma Boko tydens haar besoek aan Botswana die afgelope week geneem het. Namibië en Botswana gaan ook uit een mond praat wanneer dit by internasionale diamantsake kom om sodoende die inkomste en waarde uit die edelstene in beide lande te maksimeer.