Meer as 500 bouplanne in Windhoek goedgekeurMay 18, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het in die eerste vier maande van vanjaar 546 bouplanne met die totale waarde van bykans 686 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. Hoewel die aantal bouplanne amper 8 persent minder is as dieselfde vier maande in 2024, het die waarde daarvan met bykans 10 persent gestyg. Volgens IJG bly boubedrywighede in die hoofstad gedemp vergeleke met verlede jaar.