Iran se ajatolla kap TrumpMay 18, 2025
Iran se opperleier ajatolla Ali Khamenei het Saterdag gesê uitlatings van Amerika se president Donald Trump tydens sy afgelope besoek aan die Midde-Ooste is skandalig. Hy het gesê Trump lieg as hy sê hy wil mag gebruik om vrede te bewerkstellig, en na Amerika se ondersteuning van Israel in die oorlog met Gaza verwys. Die ajatolla is luid toegejuig deur die skare met “Death to America”. Volgens die ajatolla is Israel ‘n “gevaarlike kankergewas” wat verwyder moet word.