Gholf: Scottie mik vir derde major-titelMay 18, 2025
Kanse is goed dat Scottie Scheffler vandag in die PGA-kampioenskap sy derde major-titel sal verower. Dié 28-jarige Amerikaner het Saterdag die derde ronde op die Quail Hollow-baan ‘n meesterlike vertoning gelewer toe hy met ‘n rondte van 65 (-6) ‘n voorsprong van drie houe bewerkstellig het. Hy het in 2022 en 2024 in die Meesterstoernooi ook ná die derde ronde voorgeloop en het in albei gevalle by Augusta geseëvier.