Nege sterf in busaanval in OekraïneMay 17, 2025
Nege mense is dood en vier beseer ná ‘n Russiese hommeltuigaanval Vrydag op ‘n openbare bus in Oekraïne. Volgens Rusland het hulle militêre toerusting in Oekraïne geteiken. Die aanval het gevolg kort ná Russiese en Oekraïnse amptenare in Istanboel in Turkye probeer het om ‘n skietstilstand te bereik. Die poging was onsuksesvol, maar beide lande het ingestem om 1 000 gevangenes uit te ruil.