Namibië soek meer eie lemoeneMay 17, 2025

Die Akkerbouraad van Namibië gaan 13,5 miljoen Namibiese dollar in plaaslike sitrusproduksie oor ‘n tydperk van vyf jaar belê. Hoewel sitrus die derde gewildste vrug in die land is, word 96 persent van plaaslike verbruik teen ‘n jaarlikse koste van sowat 3,2 miljoen dollar ingevoer. Plaaslike boere het meer as 1,5 miljoen sitrusbome teen ‘n totale koste van meer as 7,3 miljoen dollar ingevoer en verwag ‘n oes van 1 700 ton vanjaar.