Gholf: Vegas behou voorsprong in Amerikaanse PGAMay 17, 2025

Jhonattan Vegas van Venezuela het sy voorsprong behou na die tweede rondte by die Amerikaanse PGA-kampioenskap op Quail Hollow in Noord-Carolina. Vegas het gister ‘n een-onder 70 in sy tweede rondte aangeteken en is nou agt onder baansyfer, twee houe voor Matt Fitzpatrick van Engeland, die Fransman Matthieu Pavon en Kim Si-woo van Suid-Korea. Christiaan Bezuidenhout en Garrick Higgo lei die aanval vir Suid-Afrika en is gesamentlik sewende nadat hulle onderskeidelik vier onder baansyfer, 69 en 68 aangeteken het.