Fietsry: Drikus trap Munga kafMay 17, 2025

Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor sowat 500 km oor die Remshoogtepas, verby Soliitaire en oor die Gamsbergpas. Sybrand de Beer, stigter van die Munga Grit Le Dur, het Coetzee en die wedren só beskryf: