Beloning bult om renosterstropers vas te trekMay 17, 2025

Die beloning vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en vervolging van die stropers van ‘n witrenosterkoei met ‘n kalf in die Suide, het tot 170 000 Namibiese dollar gestyg. Die koei is vermoedelik verlede Sondagnag gestroop en haar karkas is Maandag gevind. Haar kalfie, Elsa, is eers Dinsdag opgespoor. Volgens die Rhino Momma Project sterk Elsa goed aan.