Pohamba sê Nust se Eenhana-kampus moet bespoedig wordMay 16, 2025
Die beskermheer van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, voormalige president Hifikepunye Pohamba, het ‘n beroep op die regering gedoen om die konstruksie van die universiteit se kampus in Eenhana te bespoedig. Pohamba het tydens die gradeplegtigheid vir die Nust-klas van 2025 in Eenhana gepraat. Hy sê dit is teleurstellend dat so ‘n belangrike inisiatief vertraag word, ondanks die amptelike sooispitseremonie wat verlede jaar plaasgevind het. Hy sê die kampus moet voltooi word om studente die leeromgewing wat hulle verdien te gee. Die universiteit se klasse in Eenhana word tans by die Bill Mwaningange landelike ontwikkelingsentrum in Eembaxu aangebied.