Plase onder mosiehof-eiendomme wat opgeëis wordMay 16, 2025

Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend se mosiehofsessies hanteer waar 94 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is, waarvan vyf op die reël 108-rol was. Banke het 42 van die aansoeke gebring en eis 16 eiendomme, waaronder twee plase, terug. Die skuldlas is 26,9 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 25 lenings met uitstaande skuld van 13,6 miljoen dollar en een voertuig wat terugbesorg moet word. In Maandag se sessie hanteer regter Esi Schimming-Chase 48 onverdedigde egskeidings.