NamRA reageer skerp op Amushelelo-aantygingsMay 16, 2025
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê hy neem kennis van kwaadwillige en lasterlike bewerings wat op sosiale media versprei word, na bewering afkomstig van platforms en bladsye wat besit en/of beheer word deur aktivis Michael Amushelelo. Die agentskap sê dit wil voorkom asof die bedoeling is om hom te diskrediteer. In ‘n verklaring sê hy dat terugvoer oor die kwessies wat geopper word, verskaf sal word. Amushelelo het lelike aantygings gemaak oor kommissaris Sam Shivute en sy persoonlike assistent.