Libbok terug vir Stormers teen Cardiff in VRKMay 16, 2025
Rugby: Die Springbok-staatmaker Manie Libbok keer terug van ’n lang besering en dra die Stormers se nommer tien-trui in hulle laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd Saterdag teen die Walliese span Cardiff in Kaapstad. Hy neem oor by sy jong nasionale spanmaat, Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat op die bank begin. Damian Willemse skuif van senter na heelagter waar hy Warrick Gelant vervang, wat ‘n ruskans kry. Suleiman Hartzenberg en Leolin Zas is die vleuels, met Zas wat sy 50ste wedstryd vir die tuisspan speel.