Landbou beklemtoon weer billike verdeling van gedeelde waterbronneMay 16, 2025

Landbouminister Inge Zaamwani het by die Zambezi Waterweëkommissie se tegniese komitee-vergadering die belangrikheid van ‘n kultuur van wedersydse respek en billike voordeelverdeling beklemtoon. Dit is nie die eerste keer wat Namibië kla dat hy nie gelyke voordeel uit gedeelde waterbronne trek nie. Zaamwani sê lidstate moet met stroomaf-lande konsulteer voordat waterontwikkelingsprojekte aangepak word.