Koning Charles word ryker, maar is net 238ste rykste in VKMay 16, 2025

Sommige Britte kla dikwels dat die koninklike familie te ryk is, maar hoor hier. Volgens die jongste Ryk-lys van die Sunday Times, wat jaarliks die 350 rykste mense in die Verenigde Koninkryk bepaal, het koning Charles se persoonlike fortuin met 30 miljoen Britse pond toegeneem en beloop nou 640 miljoen pond. Dit plaas hom egter net op nommer 238 op die lys, nie eens naby die top-5 nie, en hy deel die plek met voormalige eerste minister Rishi Sunak en sy vrou, Akshata Murty. Die rykste persoon in die VK is Gopi Hinduja en sy familie, met bates van 35,3 miljard pond.