Johnson in 2de plek by Afrika Gholf-konfederasie Streek 5-toernooiMay 16, 2025

Die tweede ronde van die Afrika Gholf-konfederasie Streek 5-toernooi is afgesluit met Namibië se Kyle Johnson wat die algehele tweede plek behou het. Suid-Afrika se Astin Wade Arthur is in die eerste plek op 134 houe, 8 onder baansyfer, terwyl Johnson met ‘n 7 onder baansyfer 135 kan spog. Zimbabwe se Keegan Shutt is in die derde plek op 136, 6 onder baansyfer. Onder die res van die Namibiese groep deel Henry Mudge IV die 8ste plek. Spankaptein Brendam Britten is in die 22ste plek en internasionale debutant Jackson Kawaya in 23ste plek. Die derde en laaste ronde slaan môre af by die Stanbic Bank Gaborone Gholfklub in Zimbabwe.