Harvard se Magna Carta al die tyd toe oorspronklikMay 16, 2025
‘n Manuskrip wat eens as ‘n nie-amptelike kopie van die Magna Carta beskou is, word nou volgens Britse akademici beskou as ‘n egte weergawe en een van die wêreld se waardevolste dokumente. Harvard se Skool van Regte het in 1946 27 Amerikaanse dollar en 50 sent daarvoor betaal. Twee kenners het nou bevind dat dit ‘n buitengewoon seldsame en verlore oorspronklike Magna Cartavan 1300 tydens die bewind van Edward 1. Die Magna Carta is op 15 Junie 1215 onderteken. Dit word beskou as die eerste handves vir regte en het bepaal die koning is nie verhewe bo die wet nie.