Bees ter waarde van N$783 000 deur 5 boewe gesteelMay 16, 2025

Plaaslike media berig dat bees ter waarde van 783 000 Namibiese dollar is by die Shayiwe-nedersetting in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango Oos-streek gesteel. Adunkkommissaris Bonifatius Kanyetu sê aan The Villager die 87 diere is op 10 Mei oor die grens gejaag. Twee van die verdagtes was na bewering gewapen terwyl ‘n ander ‘n tradisionele byl gehad het. Die veewagter is gedwing om hulle na Angola te vergesel en is op 11 Mei vrygelaat om terug te keer, waarna hy die eienaars van die diere, sewe boere, ingelig het. Daar was vyf veediewe, vermoedelik almal Angolese burgers.