April-voertuigverkope groei 38,2% op jaargrondslagMay 16, 2025

Totale voertuigverkope vir April 2025 het 1 243 eenhede beloop. Volgens Cirrus in die hoofstad, verteenwoordig dit ‘n afname van 5,8 persent op ‘n maandgrondslag maar, ‘n aansienlike toename van 38,2 persent op jaargrondslag vergeleke met April 2024. Vir die jaar tot dusver is dit die hoogste volume verkope wat sedert 2016 aangeteken is, wat ‘n bestendige opwaartse tendens sedert die pandemie voortsit.