Weggooidoeke wat self verteer, kan jy nou meer?May 15, 2025

Binnekort sal elke mamma wat omgewingsbewus is, maar niks van ‘n lapdoek wil weet nie, geholpe wees. Onlangse ontdekkings in die mikrobiese vertering van plastiek het uiteindelik die laboratorium verlaat en die werklike wêreld betree in die vorm van HIRO-doeke, die wêreld se eerste doek wat vervaardig is om deur swamme verteer te word. Weggooidoeke verval eers na 500 jaar en miljarde word jaarliks gestort met mikroplastiek en chemikalieë wat besoedel. Elke HIRO MycoDigestible-doek kom met ‘n klein pakkie vol rakstabiele, plastiekvretende swamme. Ouers gooi die pakkie eenvoudig saam met die gebruikte doek weg. Die swamme aktiveer in die teenwoordigheid van vog en begin die doek se materiaal van binne na buite afbreek en die doek in miselium en voedingstofryke grond omskep.