UNDP loods Biofin – bewaring en inkomsteMay 15, 2025
Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram het ‘n inisiatief genaamd Biofin ontwikkel om biodiversiteitsprojekte te finansier en die natuurlewe te beskerm. Dit is veral belangrik vir Namibië, wat met byna die helfte van die grondgebied onder bewaring illustreer hoe biodiversiteit inklusiewe ontwikkeling deur eko-toerisme, groenwerkgeleenthede en gemeenskapsgeleide hulpbronbestuur kan lok. Biofin help die regering om bewaringspogings op te skaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bernadette Shivute, ‘n volhoubare finansieringspesialis by die program in Namibië, wat bedreigde dier- en plantspesies noem wat met Biofin se hulp beskerm sal word.