Starlink-kwessie draai in Nasionale RaadMay 15, 2025

Gedurende die Nasionale Raad se sitting was begrotingsstem 29 op die agenda. Dit val onder inligting en tegnologie, en Starlink het ter sprake gekom. Tydens die debat oor die stem het die LPM se Willem Labuschagne die kwessie bespreek. Hy vra wetgewers om hom by te staan sodat Starlink in Namibië toegelaat word.