Proteas wys aanvangskolwers aan vir Wêreldtoetskampioenskap-finaalMay 15, 2025
Krieket: Ryan Rickelton sal Aiden Markram se aanvangsvennoot wees in volgende maand se eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap tussen Suid-Afrika en Australië vanaf 11 Junie op Lord’s in Londen. Hoofafrigter Shukri Conrad sê die linkerhandse Rickelton se aanpasbaarheid teen naatboul-toestande gee die Proteas ’n groot voordeel op die Engelse kolfblaaie. Rickelton het sy plek verseker toe hy in Januarie ’n dubbele honderdtal aangeteken het teen Pakistan op Nuweland. Conrad is nog onseker oor die rol van die voormalige aanvangskolwer, Tony de Zorzi, wat daardie wedstryd weens ’n besering misgeloop het.